"FONTAINEBLEAU, Tvl. Residential and farming township in the Randburg municipal area and in the magisterial district of Johannesburg. The township lies about 8 miles (13km) north-west of the Johannesburg City Hall. The township was named after the royal palace outside Paris by W. H. Auret Pritchard, who surveyed it soon after his return from a holiday in Paris."
Geneem uit: Newscutting Ferndale
Laerskool Fontainebleau – die oudste skool in Randburg – is in 1906 gestig as ‘n klein plaasskooltjie met 81 leerlinge en 2 personeellede. Die skoolgeboutjie was van sink gemaak en het in Marthastraat gestaan. Hoewel die voertaal Engels was, was die kinders oorwegend Afrikaanssprekend.
Die kinders het hoofsaaklik van die plase Klipfontein, Boskop en die kleinhoewes van Linden, Windsor, Craighall, Ferndale en Fontainebleau gekom.
Die pa’s van die kinders was oor die algemeen boere, smede, bouers, slagters, bakkers, messelaars en blomkwekers. Aangesien die leerders self by die skool moes kom, was skoolbywoning baie swak – veral wanneer dit baie gereën het!
Die meeste kinders moes maar skool toe stap, maar sommiges het met perde- of donkiekarretjies skool toe gery. Die eerste busdiens het uit muilwaens bestaan wat die kinders gaan oplaai en na skool weer huistoe geneem het.
In 1913 het die leerlinge hul intrek in die nuwe skoolgebou geneem wat geleë is waar ons skool tans staan. Al die klasse wat toe in gebruik geneem is, word vandag nog gebruik. Hulle het in daardie dae nie ’n klavier gehad nie en is met viool begelei wanneer hulle gesing het.
Voordat die skoolsaal gebou is deur die destydse hoof, Mnr. Minnaar en die ouers van Laerskool Fontainebleau, moes die kultuur aktiwiteite maar in die buitelug geskied. Volgens die skooljoernaal was die opbrengs by een van die buitelugkonserte sowat £40 - 'n groot bedrag in daardie dae. Op 11 Augustus 1954 word die bouwerk begin deur die fondament vir die mure wat die vloer moet dra te gooi. Op 1 Desember 1954 is die saal in gebruik geneem. Op 4 Desember word die jaarlikse skoolkonsert vir die eerste keer in die saal gehou. Die totale koste verbonde aan die projek: £5,800.
Interessante Geskiedenisbrokkies: