Middagklas:
Die middagklas word privaat bedryf deur onderwysers van die skool.
Die kinders kry geleentheid om huiswerk te doen in kleiner groepe tot 15:30. Daar bly een personeellid agter na 15:30, waar die kinders dan onder toesig speel op die terrein voor die Graad 1-klasse.
Die middagklas word tot 17:30 bedryf. Kinders wat na 17:30 opgelaai word, sal by die hoofhek vir hulle ouers wag.
Middagklas Inligtingsbrief 2018
Vakansieskool:
Daar is ook 'n vakansieskool gedurende die vakansies oop vir u gerief. Die diens is beskikbaar op weeksdae gedurende die vakansies vanaf 07h30 tot 17h30.
Vankansieskoolfooie is vooruit betaalbaar. Daar word ook ‘n ligte middagete verskaf.