JUNIOR KOOR:
Doelstelling:
Om die leerders te leer om koorsang te geniet en voor te berei vir seniorkoorsang.
JUNIOR KOOR OEFENTYE
Dinsdae: 12:45 - 14:00
Daar word tydens kooroefeninge register geneem, stemopwarming gedoen, gefokus op koortegnieke en aanleer van nuwe liedere.
SENIOR KOOR:
Doelstelling:
Om die koorlede die geleentheid te gee om as 'n groep die vreugde van koorsang te ervaar in 'n gedissiplineerde en georganiseerde omgewing. Verskillende genres van koorsang word aangeleer en bestudeer. Om aan God die eer te gee vir hul sangtalent.
Keuring:
Leerders van Graad 4 tot 7 word gekies vir die Seniorkoor na oudisies. Oudisies word aan die einde van die jaar gehou. Die koor word deur middel van 'n naamlys, wat opgeplak word by Me. Linda-Mari Viljoen se klas bekend gemaak.
Stemme:
Leerders sing 2/3 stemmige liedere in verskillende tale.
Tydens kooroefening word register geneem, opwarmings-oefeninge gedoen en liedere ingeoefen. Dissipline word deur die koorleier gehandhaaf, sodat optimale oefening kan plaasvind. Ouers sal betyds ingelig word as oefeninge gekanselleer word. Leerders wat wegbly sonder verskoning van oefeninge word opgevolg.
Lokaal:
Oefeninge vind plaas in die saal of ouditorium.
Dinsdae 14:00 - 16:00
Optredes:
Datums sal skriftelik vroegtydig deurgegee word.
Kampe: