Skool- en Sportdag

Algemeen

 

Verskaffers van skooldrag:

Constantia Skooldrag en Swemdrag
Hoërskool Sentrum Malibongwe Str (Oorkant Hoërskool Randburg)
Tel: (011) 791-1300

Burgers Broers
33 5de Straat, Linden
Tel: (011) 782-1055

School and Leisure
Heathway Centre, cnr Castle Hill & Beyers Naude, Blackheath 
Tel: (011) 431-0406

BLEAUSMOUS
Ons beskik oor ‘n uitstekende klerebank “Die Bleausmous”, waar goeie tweedehandse klere teen baie billike pryse aangekoop kan word.  Kom na die kantoor vir  Bleausmous dienste. Indien daar nog ouers is wat oor goeie en skoon skoolklere beskik wat in onbruik geraak het, vra ons dat u dit asseblief aan Die Bleausmous sal skenk – handig dit net by die kantoor in.  Daar is heelwat behoeftige gevalle by die skool aan wie op ‘n gereelde basis skoolklere voorsien word.

 

SKOOLDRAG
SOMER

Dogters:

  • Geruite somersrok of donkerblou rompie en somershemp met wapen
  • Donkerblou onderklere
  • Blou sokkies
  • Swart skoolskoene
  • Kaalvoet word toegelaat
  • Seuns:

  • Blou kortmouhemp met wapen
  • Grys kortbroek
  • Grys kouse met skoolstrepe
  • Swart skoolskoene
  • Kaalvoet word toegelaat
  • Graad 7 seuns mag langbroeke dra waarby 'n grys / swart gordel en skoolskoene met kouse verpligtend is

  • WINTER
    Dogters:

  • Blou langmouhemp sonder wapen
  • Donkerblou wintersrok
  • Fonties Drimac
  • Skooltrui
  • Skool sweetpaktop
  • Kleurbaadjie
  • Donkerblou langbroek
  • Grys skoolkouse
  • Swart skoolskoene
  • Seuns:

  • Blou langmouhemp sonder wapen
  • Grys langbroek
  • Fonties Drimac
  • Skooltrui
  • Skool sweetpaktop
  • Kleurbaadjie
  • Grys skoolkouse
  • Swart skoolskoene
  •  

    Twee stelle per kind behoort aan hulle behoeftes te voorsien.
    Geen juwele behalwe horlosie en goue oorringetjie / deurskiet krabbertjie
    Sodra 'n dogter se hare die skouers raak, moet dit vasgemaak word.
    Slegs donkerblou, wit of geel haarlinte en rekkies mag gedra word.
    Slegs die skool se haarband mag gedra word.
    Byderwetse ringkop (step) haarstyle by seuns word NIE toegelaat nie. 

    Die skoolsweetpak mag nie as skooldrag gedra word nie, behalwe dae waarop ‘n wedstryd gespeel word of aan ‘n byeenkoms deelgeneem word, of wanneer die leerlinge MBK het.

    SPORTDRAG
    ATLETIEK

    Dogters:

  • Sportfrokkie / wit gholfhemp met wapen
  • Donkerblou atletiekbroekie / kortbroekie
  • Seuns
  • Sportfrokkie / wit gholfhemp met wapen
  • Donkerblou atletiekbroekie / kortbroekie
  • SWEM
    Dogters

  • Donkerblou eenstuk swemkostuum met geel insetsels aan die kante
  • Geel swempet met die skool se wapen
  • Wit gholfhemp met wapen
  • Donkerblou kortbroekie
  • Wit sportskoene en kouse is ‘n opsionele ekstra
  • Seuns
  • Donkerblou swembroekie met geel in insetsels aan die kante
  • Geel swemkeps met die skool se wapen
  • Wit gholfhemp met wapen
  • Donkerblou kortbroekie
  • Wit sportskoene en kouse is ‘n opsionele ekstra
  • NETBAL
  • Netbalrompie
  • Wit gholfhemp met wapen
  • KRIEKET
  • Wit kortbroek
  • Wit gholfhemp met wapen
  • Kriekethoed / keps
  • Wit sokkies en krieketskoene of tekkies
  • HOKKIE
  • Hokkierompie
  • Wit gholfhemp met wapen
  • Hokkiekouse en –skoene
  • RUGBY
  • Rugbytrui
  • Donkerblou kortbroek
    TENNIS
    Dogters
  • Wit tennisrompie
  • Wit gholfhemp met wapen
  • Wit sokkies en tennisskoene
  • Seuns
  • Wit kortbroek
  • Wit gholfhemp met wapen
  • Wit sokkies en tennisskoene
  • Opsionele ekstras:
  • Sweetpakbroek en –baadjie (kan apart gekoop word)
  • Drimac windjakker met skoolnaam op
  • Sportsak met skoolwapen
  • Skoolkeps
  • Wit sportskoene en kouse