Voortrekkers

Kultuur

KLIPFONTEIN VOORTREKKERS

Ons speel saam, werk saam, leer saam - in Afrikaans.  
Die Voortrekkers is ‘n kultuurbeweging wat die modern Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig die jeug om as positiewe Burgers en konsekwente Christene, suksesvol te wees, in hul roeping tot diens. Die resultaat van Die Voortrekkers se Leierskapontwikkeling is selfdoen-Vaardighede, Waardegedrewe Antwoorde en Praktiese Toepassings. 

Ons bied jou kind die geleentheid om:

  • Avontuur in die natuur te beleef,
  • Te leer van ons modern Afrikanerskap, 
  • Praktiese Christenskap te ervaar, en
  • Pret te he met hul spanmaats.

As ouer is dit meer belangrik om te weet dat Voortrekkers

  • Jou kind toerus met 'n ABCD - Afrikanerskap, Burgerskap, konsekwente Christenskap en Diensbare Leierskap. Kritiese vaardighede vir die besigheidswêreld van môre.
  • as skoolvennoot, jou kind prakties laat in-oefen wat op skool geleer word.
  • Jou as ouer nooi om betrokke te wees
  • Jou kind se selfvertroue ontwikkel deur hulle veilig bloot te stel aan onvergeetlike ervarings.

Kleredrag:  
Aktiewe drag - golfhempie (rooi of blou), denim broek, en blou onderbaadjie vanaf Graad 3 (vir kentekens en jare diens).
Spandrag - word deur die span besluit.

Byeenkomste:
Span byeenkomste word gereël / gedagboek in 'n span jaarplan om beide die offisier en jou kind se program sover moontlik te akkommodeer.

Skakels:

www.klipfontein.org.za - Klipfontein Voortrekkers
www.voortrekkers.co.za - Nasionale Voortrekkerblad