|
 - KDA is ‘n ontwikkelingsprogram wat deur die skool aangekoop is ter bevordering van die fisieke ontwikkeling van ons leerders. - KDA maak deel uit van die lewensoriënterings vakgebied (fisieke ontwikkeling en beweging) - KDA word tydens skoolure aangebied deur professionele persone wat opgelei is op die gebied van kinderontwikkeling en beweging. - Die KDA-program word addisioneel aangebied tot die Kurrikulum vir alle leerders van Gr.R tot Graad 7. - Kostes is ingereken by die skoolfonds. KDA-PROGRAM Die KDA-program rus leerders toe om hulle talente te gebruik sodat hulle hul volle potensiaal op verskillende terreine kan ontwikkel. Die KDA-program bestaan uit die ontwikkeling van motoriese vaardighede, sportontwikkelingsvaardighede en algemene fiksheid van leerders. GRONDSLAGFASE Vir die Grondslagfase word veral gekonsentreer op grootmotoriese vaardighede wat die volgende aspekte insluit: - Koördinasie - Balans - Lateraliteit - Reaksie - Ratsheid - Ruimtelike oriëntering - Liggaamsbewustheid - Spiertonus en soepelheid Bogenoemde grootmotoriese vaardighede word aangebied met ‘n verskeidenheid van apparaat en leerders ontwikkel so hul vaardighede op ‘n prettige manier Hierdie vaardigheids-ontwikkeling vorm ‘n integrale deel van die holistiese ontwikkeling van die leerders. Dit dra ook by tot die leerders se sosiale, persoonlike en emosionele ontwikkeling. Gewone spel, speletjies en sport wat op beweging konsentreer dra by tot die ontwikkeling van positiewe waardes en liggaamshoudings. Die KDA-program word met groot sukses aangebied en die leerders het ‘n positiewe ervaring ten opsigte van perseptuele motoriese ontwikkeling, fisieke groei, bewegings-ontwikkeling en ontspanning.
|