Kopiereg Laerskool Fontainebleau 2007

Hoof Kieskaart
Tuisblad
Personeel
Beheerliggaam
Skoolfonds
Akademie
Sport
Kultuur
Algemeen
Galery
Belangrike Datums
Bleaunuus
Kontak Ons
Argiewe
Vakante Poste 2010
Soek

Voorwoord van die Hoof PDF Druk Epos

Laerskool Fontainebleau is 'n tradisieryke Afrikaanse skool wat in 1906 sy ontstaan gehad het. Die skool is geleë in die Fontainebleau area van die groter Randburg. Hier is ongeveer 600 kinders op skool en dit maak die skool baie persoonlik, bedoelend die personeel en kinders ken almal mekaar.

Dit is vir ons belangrik om vir elke kind in die skool 'n plekkie in die son te gee soos deur ons skoolwapen gesimboliseer word. Met die veranderinge in die onderwys is dit ons mikpunt om die standaarde steeds baie hoog te hou soos wat dit in ons Visie en Missie uiteengesit word.

As vennote in die onderwys en opvoeding van ons kinders, is ouerbetrokkenheid vir ons baie belangrik. Die skool word ondersteun deur 'n kundige Beheerliggaam en Ouer-Onderwysers Vereniging.

Die personeel van Laerskool Fontainebleau het 'n passie vir die onderwys. Gesamentlik het die 28 onderwysers by die skool 570 jaar se onderwysondervinding. 'n Gemiddeld van 20 jaar per onderwyser!

Laerskool Fontainebleau is 'n skool waar ons onsself verbind tot Akademiese uitnemendheid. Hier word leerders as gerespekteerde individue beskou en word hulle aangemoedig om hulle volle potensiaal op akademiese, sosiale, emosionele en fisiese gebied te bereik.

ARNO FABER
SKOOLHOOF

    

 

Voorwoord: Beheerliggaam Voorsitter    

Elke ouer moet tydens die opvoedingsproses van hul kind verskeie keuses uitoefen. Die keuse van 'n skool is seker een van die belangrikstes in hierdie proses.

Naas die opvoeding wat u kind by u as ouer ontvang, is die skool die grootste rolspeler in die vorming van u kind se waardestelsel. Juis daarom kan u gemaklik  voel oor u keuse van Laerskool Fontainebleau, die skool waaraan u, u kosbaarste besitting, u kind, toevertrou het om hom/haar voor te berei vir die talle toenemende eise wat die wêreld aan ons stel.

Laerskool Fontainebleau streef daarna om die beste Afrikaanse Christelike Laerskool te wees, waar elke kind se potensiaal deur kwaliteit onderwys en ondersteuning op alle vlakke van die opvoedingsproses ontwikkel word.

Uitsaande prestasies op akademiese, kulturele en sportgebied word jaarliks by die skool se ryke geskiedenis van meer as 100 jaar gevoeg.  Hierdie prestasies word moontlik gemaak deur onbaatsugtige onderwysers wat hul jarelange ondervinding in die onderwys aanwend tot voordeel van ons kinders.

Dit is 'n voorreg vir die Beheerliggaam om u te verwelkom as lede van die fonties-familie. Ons wil u ook aanmoedig om betrokke te raak en betrokke te bly by Laerskool Fontainebleau en u kind se ontwikkeling.

GERHARD VILJOEN

VOORSITTER: BEHEERLIGGAAM

 
Nuusflits
Kermis 18 September 2010

  Dis Kermis !!!

Die Kermis vind plaas op Saterdag, 18 September 2010

Alle ouers en ander wat belangstel om hul eie stalletjie by die Kermis te hê

skakel Mnr. Louis Denner by 011 791 6160/1 of 082 356 2711  Laughing

 

 
Regter Kieskaart
_________________
Fonties Pre-Primêr
_________________
KDA
_________________
MySchool Projek
Makro
Borge
_________________
Soek Afrikaans Webtuiste
_________________
Fonties Pre-Primêr
Wie is Aanlyn
Ons het 15 gaste op die werf

mambodesign.co.uk